

EIERLOSE PANNEKOEK
250 ml koekmeelblom
2 ml bakpoeier
2 ml koeksoda
1 ml sout
450 ml water
12.5 ml asyn
60 ml olie
Sif meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam. Meng water, asyn en olie. Roer die helfte van die vloeistof by die droë bestanddele. Meng tot glad. Roer die res van die vloeistof by om ‘n loperige beslag te vorm. Giet 100 ml beslag op ‘n keer in ‘n verhitte gesmeerde braaipan. Braai pannekoek aan beide kante tot goudbruin en gaar – resep voldoende vir 6 pannekoeke.
Resep geplaas deur Ronel Sakko






