

THEA SE MAKLIKE MELKKOS
Ongeveer 6 porsies
2 liter volroommelk
310 ml koekmeel
3 ml sout
45 ml botter
kaneelsuiker, om mee voor te sit
knypie gemmer poeier
Verhit die melk in ’n groot kastrol tot net onder kookpunt.
Terwyl die melk warm word, meng die meel, gemmer en sout saam in ’n bak en vryf die botter daarby in met jou vingerpunte (jy kan dit ook in ’n voedselverwerker doen).
Sprinkel die meelmengsel bo-op die kokende melk en roer dit met ’n houtlepel tot goed gemeng.
Prut oor lae hitte vir ongeveer 10 minute, terwyl jy roer, tot verdik en gaar.
Die mengsel moenie ’n gladde sous wees nie, dit moet klonterig wees.
As daar egter te groot klonte vorm, gebruik ’n draadklitser om dit op te breek.
Sprinkel ’n lepel kaneelsuiker onder in elke bakkie, skep die kokende melkkos bo-op en sprinkel nog kaneelsuiker bo-op.
Of soos ek, tussen elke lagie bietjie kaneel suiker en eindig met kaneelsuiker
Foto en Resep: Thea Beukman







Geskuif