

KOOS SE UIE HOENDER
Vandag is ek bederf met een van my gunstelinge. Ons noem dit sommer Uie Hoender.
Gooi bietjie olyf olie in ‘n ysterpot potv(plat boom)
Braai so 2 gesnyde uie tot glaserig en haal die uie uit die pot.
Dan sit jy hoender in die pot.
Gooi sout, peper en soos vandag Potuguse Chicken spice en Worcestersous korrels oor.
Plaas die deksel op die pot en sit die plaat op No 3 en laat stadig braai/kook.
Jy draai glad nie die hoender om nie.
Na so 15 minute gooi jy gedroogte uie vlokkies oor die hoender.
Laat alles stadig kook op no 3 tot die hoender so halfpad gaar is, dan sny jy aartappel skywe in en gooi van daai Worcestersous korrels oor die aartappels en sit by die hoender in die pot.
Gooi nou daai gebraaide uie ook oor die aartappels.
Laat kook tot aartappels sag is en dan gooi jy cocktail tamaties by. Laat net deurkook.
Bedien saam Rys, Slaai en Groente.
Resep en foto: Koos van der Merwe






