

DEIRDRE SE LEKKER APPELTERT
Kors:
¾ koppie botter
½ koppie suiker
2 eiergele
2 koppies meel
2 teelepels bakpoeier
Knippie sout
Beslag:
6-8 appels
Kaneel
½ koppie amandels
Verroom die botter en suiker. Gooi eiergele by en roer tot gemeng. Voeg dan die meel, bakpoeier en sout by botter, suiker en eiergeel mengsel. Dit vorm ‘n heerlike deeg.
Neem ⅔ van die deeg en druk dit plat in ronde koekpan. Neem dan die appels en skil hul en sny in skywe. Stoom dit met bietjie water tot amper sag.
Gooi kaneel na smaak en amandels by die appels en roer versigtig deur.
Skep die appels bo-op die deegkors in koekpan.
Neem ⅓ deeg en rasper dit bo-op die appels. Bak in oond op 180º vir 30min.
Laat dan afkoel.
Nota: Ek voeg rosyntjies/cranberries by appels as dit stoom.
Aan einde as appeltert afgekoel is strooi ek versierduiker bo-oor.
Hoop julle geniet die tert soos ek.
Foto: Deirdre Dobson







geskuif