

AARTAPPELSKYFIES IN DIE OOND
Sny 3 aartappels in skyfies en kook in water tot dit sag is en laat dit koud word. Sprei ‘n oond pan uit met spray and cook en giet klein bietjie olie daarin. Plaas die aartappels in die bak en sprinkel nog bietjie olie bo oor. Ek het Aromat, bietjie gedroogte knoffel en bietjie cayenne pepper oorgestrooi. Bak dit by 200°C in die oond en skud net kort kort dat dit nie vasbrand nie tot dit lekker bruin is. Was regtig baie lekker gewees .
Resep geplaas deur Bianca Smit.
Foto: Bianca Smit






