


AARTAPPEL BROODJIE
Resep geplaas deur Juanri Van Der Walt
Foto: Juanri Van Der Walt en Adam Cloete
FOOD LOVERS RECIPES
450 ml koekmeel
3 teelepels bakpoeier
1 eier
4 repies rou spek, gesnipper
3 medium grote rou aartappels, gerasper
1 koppie kaas, gerasper
100 ml melk (Ja dit is reg, nie te veel melk nie)
1 pakkie potato bake, enige geur
bietjie sout en peper
Meng al die bestanddele saam en knie sommer met ‘n houtlepel tot alles lekker goed gemeng is.
Spuit /botter jou broodpan (ek het ‘n klein glasbak gebruik) goed en plaas mengsel in.
Bak op 180°C vir 50 min.

Foto: Elna Erasmus
Oond 180ºC vir 40 na 50 minute (Ek het klein broodpannetjies gebruik)
Maak beslag met gemaak 2x aan vir groter brood in jou swartboom potjie.
Avo Salsa
3 Avos gemeng met mild salsa na smaak.
Ek het dit sonder die spek gemaak. Het dit met avo salsa bedien. Volgens Manlief was dit baie lekker gewees.






