

SOET EN SUUR HOENDERVLERKIES OP DIE KOLE
14 hoendervlerkies
4 eetlepels mosterdsous
60 ml olyfolie
60 ml suurlemoensap
150 ml heuning
1 teelepel wit peper
1 teelepel sout
1 eetlepel droë pietersielie
Meng alles saam en giet oor die vlerkies en laat staan vir 3 tot 4 ure.
Ryg die vlerkies op ‘n stokkie en braai op stadige kole tot lekker gaar.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw






