

RYK EN ROMERIGE SAMPIOEN, SPEK EN MURGPAMPOENTJIE PASTA
Foto: Elsabie Templeton
FOOD LOVERS RECIPES
2 koppies macaroni (kook net tot ‘al dente’)
400 g groot bruin sampioene, afgevee en in blokkies gesny
1 klein ui, opgekap
200 g spek, opgekap
2 murgpampoentjies, gewas en opgesny
1 knoffeltoontjie, gerasper
2 eetlepels botter
250 ml vars room
150 ml melk
3 eetlepels sampioenroomsop
3 eetlepels droë pietersielie
Braai die murgpampoentjies, spek en uie in bietjie olie tot net begin verbruin.
Sit die botter, knoffel en sampioene by en roerbraai tot sampioene sag.
Meng die soppoeier in die melk, giet oor die bestanddele in pan en voeg die room en pietersielie by.
Prut en roer tot die sousie verdik.
Bedien dadelik saam met die pasta en strooi Parmesan bo-oor.






