


RONELL SE HEERLIKE LASAGNE
Resep geplaas deur Ronell Mulle Boshoff
Foto: Ronell Muller Boshoff
FOOD LOVERS RECIPES
1 pak lasagne velle
1 fyngekapte ui
4 knoffelhuisies, fyngekap
500 ml Italian tamatie en basil sous in blikkies (Ek maak my eie en vries dit)
750 g maalvleis
2 groot sakkies Koo of Allgold tamatie paste
sout en peper, origanum, tiemie, suiker na smaak
Braai ui tot deurskynend en voeg knoffel by. Braai tot sag.
Voeg die maalvleis by, maak los met vurk en braai tot gaar.
Voeg kruie en sout en peper by asook die 500 ml sous.
*Meng die 2 pakkies tamatie paste met 1 koppie kookwater en suiker na smaak.
*Voeg by maalvleis, meng deur en prut vir 10 minute. Voeg nog suiker by na smaak.
Maak 2 L witsous. Dis genoeg vir een oondpan.
Gooi genoeg witsous in oondbak en pak lasagne velle langs mekaar. Moenie oormekaar pak nie.
Skep warm maalvleismengsel versigtig oor die velle en alles moet mooi bedek wees. Ek vat al die maalvleis sous.
Pak nog ‘n laag lasagne velle op maalvleis en skep die witsous lekker dik oor.
Gooi jou kaas bo-oor as jy dit dadelik gaan bak. Ek gebruik die lasagne velle wat nie hoef te staan voor bak nie.
Bak in voorverhitte oond by 180°C vir 40 minute tot bruin en velle gaar.
Druk met ‘n skerp messie in velle in om te toets of dit sag is.
WENKE
Koop die lasagne velle wat klaar gereed is vir oond toe gaan. Spaar tyd.
‘n Dunner witsous maak dat velle vinniger sag word.
Maak vooraf jou eie pasta tamatiesous met vars kruie en vries. Baie lekker.







Geskuif