

MAKLIKE PIZZABROODJIE OF WRAP IDEE VIR ETE
Ciabata buns oop gesny, met botter gesmeer en in oond gebraai.
Blik braai-relish met bietjie Italiaanse speserye en knoffelsout en so 2 eetlepels chutney by gemeng en toe afgekook tot lekker dik is.
‘n Ui gekerf en sag gebraai.
Pak mushrooms gekerf en bietjie gebraai saam met knoffel.
Kaasworsies gesny en liggies bruin gebraai.
Broodjie met die relish gesmeer, toe worsies, mushroom en gebraaide uie opgesit.
Laaste rasper mozerella oor sit in warm oond tot kaas gesmelt is.
Het wraps gehad, die vulsel daarin ook gesit en saam gebak.
Foto en idee deur Suenell Liebenberg






