

LEKKERSTE PAMPOENKOEKIES
Vandag vir manlief bederf met ‘n ordentlike bord boerekos want volgende week moet hy my bederf. Daar was gammon,tuisgemaakte KFC, braai aartappels, pampoenkoekies, blomkool en broccoli met kaassous, wortels, gegeurde rys en sweet en sour beetslaai en vir nagereg was dit net roomys❤
500 ml gaar pampoen
50 ml gesmelte margarien
50 ml bruinsuiker
5 ml vanillageursel
2 eiers, liggies geklits
125 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
bietjie fyn kaneel en ekstra bruinsuiker vir bo-oor sprinkel
Verhit die oond tot 190°C en smeer muffin pannetjies.
Meng al die bestanddele saam en skep mengsel in pannetjies, sprinkel bietjie fyn kaneel en bruin suiker oor. Bak vir 30 minute of tot gaar.
Karamelsous:
250 ml melk of room
125 ml suiker
50 g botter
5 ml karamel- of vanillageursel
Voeg die bestanddele in ‘n potjie en verhit oor lae hitte tot die suiker opgelos is, bring tot kookpunt en kook vir 5 minute. Verdik die sous met bietjie maizina (in klein bietjie water opgelos)
Kook tot verlangde dikte en skep lepelsvol van die warm sous oor die pampoenkoekies sodra dit uit die oond kom.
Laat staan sodat sous in die pampoenkoekies kan intrek.
Afhangende van die muffin pannetjies se groote kry ek sô ± 12 tot 21 koekies.
Dis heerlik smaak soos poeding.
Resep en foto: Noelene Rutledge Saal







Geskuif – 15 Februarie 2020.