

KORINGSLAAI
325 ml koring
1 groen rissie
1 klein ui
½ blikkie ingelegde perskes
Sous:
250 ml tamatiesous
125 ml olie
125 ml suiker
7 ml kerriepoeier
5 ml borrie
Meng alle sous bestanddele tot goed gemeng.
Kook koring, meng dit met rissie, uie en perskes, voeg sous by.
Plaas in yskas.
Hoe langer die slaai staan hoe lekkerder word dit.
Resep: Mirika Thiart







Geskuif.