

INEKE SE TIEN STER PIZZA DEEG
5 koppies witbroodmeel
2 teelepel suiker
2 teelepels sout
1 sakkie gis ek gebruik die groen een
2 koppies lou warm water, pasop vir nie te warm nie
olyfolie vir bo oor smeer
Laat die gis en suiker in water rys. Gooi dan by meel en knie saam met sout tot dit bymekaar kom. Laat deeg rys tot dubbel. Knie af en maak bolle. Laat weer rys en maak pizza kors of calzones. Geniet.
Vir die pizza toppings:
Ek het die pizza deeg se kante met kaas gestop. Toe die basis met jimmy bbq sous gesmeer. Toe hoender en bacon op gegooi. ‘n Paar rooi uie. Pepperdews wat ingele was asook pynappel en kaas (2 soorte: mozarella en gouda gemeng) en oor gestrooi.
Bak teen 230⁰C vir 20 minute (kan minder wees afhangende van jou oond) tot die toppings reg is na jou smaak. Stel die oond af na 200⁰C en bak tot jou pizza basis mooi bruin is onder.
Dis regtig die lekkerste pizza wat ek in n lang tyd gehad het.
Jy kan hoender en bacon vir seekos veruil of ander toppings bygooi.
Foto: Ineke Steyn






