HAWAIIAN PYNAPPEL HOENDER
1 ½ kg hoenderstukke
¼ koppie botter
1/3 koppie tamatiesous
¼ koppie bruinsuiker
2 teelepels Maizena
¼ koppie asyn
1 teelepel sout
1 teelepel (of meer) cayenne peper
1 teelepel sojasous
1 teelepel worchestersous
260 g pynappelstukke
Smelt die botter in ‘n pan oor medium hitte en roer die tamatiesous en bruin suiker by die botter in. Roer tot die suiker smelt. Klits die Maizena in die asyn in tot dit glad is en voeg by die pan. Roer aanmekaar met ‘n draad ballonklitser terwyl die sout, peper, sojasous en worchestersous bygevoeg word. Laat prut vir ongeveer 2 minute of tot die sous verdik. Dreineer die pynappel en roer by die sous in die pan in. (Die pynappelsap kan jy maar drink)
Geur die hoenderstukke liggies met bietjie sout, rangskik in ‘n oondbak en giet die sous oor die hoender. Bak by 180ºC tot die sous borrelend is en die hoender verbruin het vir ongeveer 45 minute, afhangende van die grootte van die grootste stukke. ‘n Vinnige lesing termometer se lesing moet ongeveer 70ºC wees indien in die dikste gedeelte van die hoender gedruk word.
(Die hoender kan vooraf bietjie gebraai word tot bruin en die sous kan dan in dieselfde pan gemaak word).
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete