

BLOU BESSIE ROOMKAAS BROOD
Blue-berry Cream Cheese Loaf wat ek gister gemaak het. Die resep het ek lank terug in een van die lugrederye se boekies gekry. Ek gebruik fruktose en nie gewone suiker.
1 1/4 koppies koekmeel
1 tlp bakpoeier
knippie sout
1/2 kop botter
2/3 kop strooisuiker (ek gebruik 110 ml fruktose)
125 g roomkaas
2 eiers
1 tlp vanilla
1 koppies blue-berries
Versiersel
125 g roomkaas
4 eetlepel botter
1 1/2 koppie strooisuiker (250 ml fruktose)
1 tlp vanilla
Klits die roomkaas, suiker en botter tot romerig.
Voeg eiers een vir een by.
Voeg vanilla by.
Vou die meel, bakpoeier en sout in.
Vou die bessies versigtig in.
Gooi in ‘n gesmeerde broodpannetjie en bak vir 50 tot 60 minute teen 180 grade C.
Klits al bo-laag bestanddele tot glad en smeer versigtig oor die afgekoelde broodjie.
Resep geplaas en foto van Adri Redlinghys






