

ANNELIZE SE ONGELOOFLIKE GEBAKTE KAASKOEK
Resep en foto: Annelize De Villiers Smit
FOOD LOVERS RECIPES
O ja, jy weet seker die groot geheim van kaaskoek is: net ‘n halfuur in oond! Baie dink dit is nog rou, maar dit raak nog gaar in pan terwyl afkoel! As dit langer bak dan raak dit droog en krummelrig soos meeste koffiewinkels s’n!
Meng saam:
2 bakkies roomkaas (230 g elk)
2 blikkies kondensmelk
250 ml room
2 eiers
1 doppie vanilla geursel
1 groot opgehoopte Eetlepel vlapoeier (dit is die geheime bestanddeel)
Meng alles net bymekaar behalwe suurlemoensap en blend dan tot glad! As jy nie ‘n blender het nie, roer jou vlapoeier by die room in en voeg by ander bestanddele en gebruik ‘n ballonklitser en klits tot dit glad.
Voeg by:
¾ koppie suurlemoensap (hoeveelheid na smaak)
Laat staan vir 20 minute.
Maak kors van fyn Tennisbeskuitjies en Wooden Spoon. Druk dit in ‘n voorbereide losboompan vas en skep die vulsel na die 20 min op die kors.
Bak vir 30 minute teen 180°C. (Moenie langer bak nie)
Bak ‘n dag voor die tyd.
Nota: Jy moet nie die room styf klits nie. In my nuwe oond wat ek nou het laat ek hom afkoel in oond maar in my vorige 3 oonde was dit nie nodig nie! So vir eerste keer nou sit stoof af na halfuur en as hy reg is dan weet jy vir volgende keer!







Lenel Pelser
Hi ek het hom gebak en dis baie lekker. Sal nooit weer n ander resep bak. DIS N WENNER DI RESEP!! Ek wou nog n foto maak maar hy was op voor ek n foto kon maak.
Hierdie is werklik ‘n heerlike kaaskoek en myne het pragtig gebak. Ongelukkig is dit my tweede kaaskoek wat ek bak, en omdat daar nie verdere aanwysings was, hoe om dit te hanteer nie, het myne in stukke gebreek. Daarna gegoogle en gesien dat hulle aliminiumfoelie om die losboompan vou, voor dit in ‘n pan geplaas word. Die pan word dan met kookwater gevul tot so halfpad teen die losboompan. Net 30 min bak… niks meer… dan dit uit die water haal en laat staan (dit bak verder daardie tyd). Sit dit dan, in die losboompan, in die yskas en ontvorm die vlg. dag.Dit sal kraak indien dit langer as 30 minute bak….myne te gou ontvorm. Smaak heerlik …. gebak vir die vader in Vadersdag!