ANNELIZE SE ONGELOOFLIKE GEBAKTE KAASKOEK


ANNELIZE SE ONGELOOFLIKE GEBAKTE KAASKOEK
Resep en foto: Annelize De Villiers Smit
FOOD LOVERS RECIPES
O ja, jy weet seker die groot geheim van kaaskoek is: net ‘n halfuur in oond! Baie dink dit is nog rou, maar dit raak nog gaar in pan terwyl afkoel! As dit langer bak dan raak dit droog en krummelrig soos meeste koffiewinkels s’n!
Meng saam:
2 bakkies roomkaas (230 g elk)
2 blikkies kondensmelk
250 ml room
2 eiers
1 doppie vanilla geursel
1 groot opgehoopte Eetlepel vlapoeier (dit is die geheime bestanddeel)
Meng alles net bymekaar behalwe suurlemoensap en blend dan tot glad! As jy nie ‘n blender het nie, roer jou vlapoeier by die room in en voeg by ander bestanddele en gebruik ‘n ballonklitser en klits tot dit glad.
Voeg by:
¾ koppie suurlemoensap (hoeveelheid na smaak)
Laat staan vir 20 minute.
Maak kors van fyn Tennisbeskuitjies en Wooden Spoon. Druk dit in ‘n voorbereide losboompan vas en skep die vulsel na die 20 min op die kors.
Bak vir 30 minute teen 180°C. (Moenie langer bak nie)
Bak ‘n dag voor die tyd.
Nota: Jy moet nie die room styf klits nie. In my nuwe oond wat ek nou het laat ek hom afkoel in oond maar in my vorige 3 oonde was dit nie nodig nie! So vir eerste keer nou sit stoof af na halfuur en as hy reg is dan weet jy vir volgende keer!