

ALTA SE SADE BESKUIT
(120 stukkies)
500 g botter
2 koppies bruinsuiker
1 koppie olie
12,5 ml vanielje
500 ml karringmelk +¼ koppie
2 eiers
1 kg bruismeel
15 ml bakpoeier
5 ml sout
50 ml klapper
1 koppie semels
½ koppie Nutty Wheat
1 koppie Oats
½ koppie van elk, sesame saad, lynsaad, sonneblomsaad, poppysaad, (kan ook byvoeg), pampoensaad en pekaneute
Smelt botter en suiker saam. Klits, vanielje karringmelk, olie en eiers saam, voeg by botter mengsel, voeg by droë bestanddele en meng goed.
Bak 20 min in 180°C oond vir 20 min.
Dan 15 min by 160°C, of tot gaar, oonde en lugdruk verskil nogal.
Dit is ‘n baie sagte deeg.
Resep en Foto: Alta Gunter Van Dyk







Oorgedra na nuwe blog. Saterdag, 28 September 2019.