

VANMELEWE SE VLAKOEKIES
680 g botter of vol magarien
100 g versiersuiker
5 ml vanilla geursel
185 g vlapoeier
5½ koppies koekmeel
20 ml bakpoeier (4 teelepels)
knippie sout
Verroom smeer en versiersuiker tot lig en donsig.
Voeg geursel by meng goed.
Meng droë bestanddele goed, en voeg botter mengsel by droë bestanddele en meng goed,
Bak vir 10 tot 15 min in 180°C oond, vul koekies met vulsel van keuse.
Eintlik is dit ‘n koekie wat deur meuletjie gesit kan word, maar die koekies is baie bros en breek maklik, so ek weeg my koekies in 16 gram balletjies en druk dit dan met ‘n outydse gare tolletjie wat lyk soos ‘n blommetjie,
Nota: Knie jou deeg goed, en kyk dat jy die regte magarien het teen kamer temperatuur, en jou magarien en versiersuiker klits jy tot romerig en fluffy, ek bak die vla koekies al baie baie jare vir ons tuisnywerhede; nog nooit in my lewe was dit ‘n flop, as jy jou deeg meng is dit reg wanneer jou hande skoon is, geen deeg sit aan jou hande vas nie, ek klits met ‘n Kenwood.
Foto: Alta Gunter Van Dyk
Resep geplaas deur Alta Gunter Van Dyk






