


RETHA SE KAASKOEK
Resep geplaas deur Marzanne Ackermann
Foto: Andrie Grimsell
FOOD LOVERS RECIPES
1 blikkie kondensmelk
80 ml suurlemoensap
1 houertjie room, hoef nie te klits nie
1 houertjie roomkaas
botter en Tennisbeskuitjies
Maak kors met botter en Tennisbeskuitjies. Meng suurlemoensap en kondensmelk. Voeg room en roomkaas by en meng goed. Skep bo-op kors en bak vir 10 min teen 180°C.
Andrie Grimsell: Ek bak myne klein bietjie langer so 15 min in my gasoond. Haal uit die oond, laat heeltemal afkoel en sit dan in die yskas dat dit koud raak, dan stol dit goed.
Ek voeg alles bymekaar en klits dit in my staan klitser nogal lank, maar net sodat dit alles mooi glad saam geklits is. Dit word dikker maar nie soos styf geklitse room nie. As dit sin maak.
Jy kan dit maklik verdubbel! Ek sit myne so 20-25 min dan in. En laat afkoel in oond en daarna in die yskas.
2de foto: Elsa du Plessis Ek het dit gisteraand gemaak en wel gebak, perfek en heerlik, ek het bar-one oor gerasper.
Notas:
Tania Rossouw:
Dit is ‘n heerlike tert, ek vat granadilla moes en as dit afgekoel het, sit ek dit op as bolaag of as jy aarbeie wil gebruik, kook dt saam bietjie suiker tot stroperig met nog heel stukkies in, kan dit ook bo-op sit.
Erna Butler:
Onverbeterlik, bedien dit met vars vrugte en/of ‘n bessiesous.
Ek sien op einde hul het by hierdie resep ‘n 10 min baktyd. Ek het gister dieselfde resep gemaak. Het 1 blikkie gedreineerde fyn pynappel bygevoeg let wel ONGEBAK.
Linette Pienaar:
Ek maak die resep graag, bak dit vir so 10 tot 12 minute. Werk perfek. Onthou net om volroom produkte te gebruik. Ek sit dan ‘n lekker vrugte bolaag op. Sit ‘n pannetjie onder die losboompan, anders is die botter in die kors geneig om uit te loop. Dis ‘n HEERLIKE gebakte kaaskoek!
Marzanne Ackermann
Dankie was baie lekker beter as Mug a Bean se kaaskoek lol ek het hom 20 min gebak ipv 10 min.
Alet van Zyl:
Hierdie resep hoef nie gebak te word nie. Klop die room styf, meng die suurlemoensap en kondensmelk en voeg die roomkaas by. Vou die room in. Spons 60 ml gelatine in 125 ml water en sit vinnig in mikrogolf tot die korreltjies heel gesmelt is. Vou in by die vulsel en daar het jy die lekkerste kaaskoek ooit! Jy kan dit selfs verdriedubbel.








Marzanne Ackermann
Dankie was baie lekker beter as Mug a Bean se kaaskoek lol