MEYER SE “SLOW-GO” INDIESE PASTA
3 koppie rou makaroni
4 – 5 hoenderborsies, in stukkies gesny
1 ui, gekerf
10 rosa tamaties, in kwarte gesny
½ geel soetrissie, in stukkies gesny
1 houer sampioene, gesny
2 eiers, geklits
4 koppies melk
1 pakkie Korma sous, of enige ander geur waarvan jy hou
sout en peper na smaak
Braai die hoender, ui, sampioene, soetrissie en tamatie saam in ‘n warm pan tot die hoender net-net gaar is. Spuit ‘n oondbak met kleefwerende sproei. Meng al die bestanddele nou deeglik saam met die hoendermengsel in die oondbak. Bak die gereg laag en stadig in die oond teen 110-120°C vir so ‘n uur en 40 minute. Garneer met vars koriander indien verkies.
Resep en foto: Meyer Combrink
One thought on “MEYER SE “SLOW-GO” INDIESE PASTA”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.
Done