

KARRINGMELKBESKUIT PROE NES OUMA S’N
1 kg bruismeel
10 ml sout
500 g Stork Bake
375 ml suiker
500 ml karringmelk
2 ekstragroot eiers
Voorverhit die oond tot 180 ºC en smeer twee groot broodpanne. Sif die meel en sout saam in ’n groot bak. Voeg die stork bake by en vryf dit met jou vingerpunte in tot dit soos broodkrummels lyk.
Roer die suiker in. Klits die karringmelk en eiers saam en voeg dit by die meelmengsel. Roer tot gemeng en verdeel dit tussen die twee panne. (EK SNY MYNE VOORDAT EK DIT BAK) Bak 50-60 min tot gaar (’n toetspen moet skoon uit die middel van elke brood kom). Verlaag die temperatuur tot 60 ºC. Keer die brode uit en laat effens afkoel. Sny dit in vingers en pak op bakplate. Plaas die beskuit in die oond vir 4-6uur tot heeltemal uitgedroog. Laat afkoel en bêre in lugdigte houers. Lewer 70.
Resep Kobus Theunnise
Foto: Julia du Plessis – foto lyk nie mooi nie maar die beskuit is heerlik






