KAASKOEK MET ROOMKAAS
Ek het die kaaskoek gebak met:
3 bakkies roomkaas
2 x 250 ml room
2 blikkies kondensmelk, gemeng met halwe koppie suurlemoensap
MAAAAR baktyd veel anders: 15 min 180 º C en 60 min by 120 º C oornag afgekoel in die oond.
23 cm losboomkoekpan
Dalk te lank gebak, want dit het gebars. Ek dit versier met caramel fluff, mashmellow en toffiesous.
Bogenoemde versiering van die koek: marshmellow fluff by Checkers gekoop in ‘n bottel wat saam met Nutella op die rak staan en toffiesous by roomyssouse.
Foto: Erna Butler
Resep geplaas deur Erna Butler
Alet van Zyl
Hierdie resep hoef nie gebak te word nie, klop die room styf, meng die suurlemoensap en kondensmelk en voeg die roomkaas by. Vou die room in. Spons 60 ml gelatine in 125 ml water en sit vinnig in mikrogolf tot die korreltjies heel gesmelt is, vou in by die vulsel. Daar het jy die lekkerste kaaskoek ooit! Jy kan dit selfs verdriedubbel.
2de foto: Andrie Grimsell
Pekanneut bo-laag
2 eetlepels botter
½ koppie bruin suiker
(Smelt op lae hitte)
½ teelepel kaneel
1 ¾ koppie pekanneute neute (heel of gekapte)
knippie sout
Meng die res saam die botter/suiker mengsel. Laat heeltemal afkoel en skep op kaaskoek.