

KAASGEVULDE HOENDERBORSIES MET DORITOS
Ek het die borsies gesny maar nie reg deur nie sodat dit ‘n sakkie vorm en kaas in gesit en dit onder gesmeer met ‘n bietjie olie en bo het ek mayonnaise gesmeer.
Dit gesout en peper en klein bietjie paprika oor gegooi.
Doritos chips fyn gemaak en dit oorgegooi en nog kaas bo oor dit.
Het dit in oond gebak vir 25 minute op 150°C.
Dit was iets anders, maar baie lekker. Ek het sommer ‘n garlic broodjie saam met dit gebak.
Resep en foto deur Angelique Ackermann






