

EENSKOTTEL POLONIE EN BROOD GEREG
Ligte ete gemaak vanaand, sal vertel wat ek gemaak het vanaf ‘n video clip.
Ek het die bak gesmeer met botter.
Brood in bak gepak, 6 snytjies.
Koue vleis op elke snytjie gesit, hier het ek twee stukkies koue vleis op gesit.
Ek het tamatie en uie bo op gesny met sout en peper.
Weer ‘n broodjie bo-op elkeen gepak.
Ek het ‘n dik witsous gemaak, en bietjie kaas by in gemeng, en ook ‘n pakkie mushroom sop by die witsous gemeng.
Gooi witsous mengsel bo-oor brood, rasper kaas bo-oor, bak vir plus minus 25 minute op 180ºC.
Foto: Marie Rheeder Troskie






