DRUIWE EN BROCCOLISLAAI
1 pakkie baba spinasie
1 koppie broccoli, in boompies gebreek
300 g vars druiwe korrels
klein rooi ui, in dun skywe gesny
1 wiel swartpeper Feta kaas
¼ koppie amandel vlokkies, gerooster
Sous:
¼ koppie mayonaise
¼ koppie Griekse jogurt
1 eetlepel suurlemoensap
1 teelepel suiker
sout en swart gemalde peper na smaak
Stoom broccoli 4-5 min in die mikrogolf. Dit moet nog krakerig wees. Laat heeltemal afkoel.
Meng al die bestanddele van die sous saam, hou eenkant in yskas.
Pak eers bak uit met baba spinasie.
Strooi die afgekoelde broccoli oor en so ook die druiwe en uie.
Sprinkel die amandel vlokkies oor.
Net voor opdiening gooi die sous oor en meng deur, maar ek het sommer net dit bo-op zig zag gegooi om patroon te vorm.
Jy kan ook arbeie gebruik in die druiwe se plek.
Resep: Rachelle Reyneke
Foto: Meisie van der Colff