


“CHUNKY” HERDERSPASTEI
1 kg maalvleis
1 groot ui, gesny
500 g gemengde gevriesde groente
(die soort met mielies, groenbone en wortelblokkies)
1 pakkie Royco Cottage Pie maker
Alternatiewelik kan jy Knorr se Beef & Onion soppoeier gebruik
knippie fyn koljander
knippie fyn naeltjies
5 ml Ina Paarman Season Salt
Omtrent 1 opgehoopte eetlepel Bisto bruinsouspoeier
Bo-laag:
Ina Paarman Potato Spice
4 GROOT aartappels of 6 kleiner
gerasperde Cheddarkaas
Gerookte Paprika
Stel oond op 180 grade C.
Maak aartappels gaar, maar nie pap nie. Ek kook myne in drukkoker vir 15 minute. Haal uit en hou eenkant.
Maak intussen die gevriesde groente in die mikrogolfoond gaar, vir omtrent 10 minute.
Braai die ui in bietjie olie tot bruin. Voeg die maalvleis, koljander, naeltjies en gegeurde sout by en roerbraai tot gaar. Voeg dan die groente by en ook die Cottage Pie maker, aangemaak soos op pakkie. (Jy meng dit net met water) Of roer die pakkie soppoeier en omtrent ‘n koppie water by. Kook deur op lae hitte vir 15 minute. Indien jy dit bietjie wil verdik, doen dit met die Bisto.
Plaas in groot bak. Sny die aartappels in dikkerige snye en plaas bo-op die maalvleis tot alles bedek is. Strooi Potato spice liggies bo-oor en dan gerasperde kaas en ‘n klein bietjie gerookte Paprika. Bak vir omtrent 15 minute en skakel dan die grill aan om dit mooi te rooster van bo af. Ek het soet pampoen saam bedien.
Resep en foto: Louise Groenewald






