
BABS SE POST TOASTIE POEDING
Kors:
1 kp fyn post toasties
1/2 botter
1/2 kp suiker
1/2 teel kaneel
Meng alles en druk vas onder in oondbak
Vulsel:
2 kp warm melk
2 teel vanilla
3 eiers, geskei
1/2 kp suiker
Maak vla daarvan – verhit die melk en suiker oor lae hitte, klits die eiergele, gooi bietjie van die warm melk by die eier, klits baie goed en gooi dan die eiermengsel stadig by die warm melk terwyl jy die hele tyd roer, gooi die vanilla by en meng goed, laat stadig deurkook op lae hitte tot gaar, verdik met mielieblom indien nodig.
Klits eierwitte styf en voeg 6 e suiker by, lepel vir lepel terwyl jy klits.
Sit oor vulsel en sprinkel heel vlokkies post toasties oor.
Bak stadig by 160 grade tot gestol.
My ma het dit altyd vir ons gemaak en dit was heerlik.
Resep: Babs Tiran






