

ANNELIZE SE SALM EN SPINASIE LASAGNE
(2 grotes)
Hierdie lasagne was een van my Bistro se gunstelinge.
2 – 3 pakke lasagne velle of tuisgemaakte lasagne
Witsous:
½ koppie botter
2 koppies koekmeel
3 liter melk
sout en peper
bietjie neut en mosterd
Maak witsous:
Smelt die botter in ‘n pot. Maak die meel aan met bietjie melk en roer geleidelik by en voeg dan die res van die melk by terwyl geklits word. Voeg dan al die speserye by en roer tot gekook. Of maak dit in die mikrogolf: Smelt botter, gooi melk by en roer meel by, sit terug in mikrogolf, roer kort-kort en as amper reg is, gooi geurmiddels by. As dit klonte maak, klits tot glad!
2 x 300 gram salm (gerookte off-cuts) geflok
5 bossies spinasie gekook in melk tot verlep, gooi die melk af en kerf fyn.
Gooi bietjie witsous by en meng met die salm
Pak lae: begin met witsous, pasta, salm-mengsel, witsous, pasta, salm-mengsel, pasta en eindig met witsous.
Bak vir 40 minute teen 180°C.
Bediening:
Sny porsie, gooi witsous oor en dan Mozzarella kaas.
Resep: Annelize Smit
Nota van Rina Kleinhans: Indien jy die droe winkel lasagne velle gebruik, stel ek voor maak die lasagne klaar en laat staan so uur of langer voordat jy dit bak, om seker te maak jou velle versag in die sous en word goed gaar. Ek pak my lasagne al die oggend en bak dit eers later in die dag, en dit werk perfek.






