

VROULIEF SE INGELEGDE KWEPERS
Foto en resep: Gideon Louw
FOOD LOVERS RECIPES
Dit is baaaaie lekker, voor ek die fodie kon neem is die helfte opgeëet.
5 kwepers, geskil ontpit en in skywe gesny
1 liter water
1 kg suiker
4 steranys peule
Sap van een suurlemoen
Voeg alles behalwe die kwepers in ‘n kastrol en verhit tot kook.
Voeg dan die kwepers by en kook vir 45 tot 60 min en tot die kwepers pienk is.
Bottel warm in gesteriliseerde flesse.






