

VLEISLOSE EIERVRUG EN AARTAPPEL PASTEI
2 groterige eievrugte in skywe gesny
6 medium grootte aartappels
3 blikkies kerkerertjies (chickpeas)
2 koppies ontpitte olywe, opsioneel
2 eiers
1 koppie plein jogurt
¼ koppie melk
1 pakkie potato bake
sout en peper na smaak
Skil en kook die aartappels tot net gaar maar nog styf en sny dit in dikkerige skywe.
Sny die eiervrugte in skywe en braai dit in klein bietjie olie tot dit begin sag word.
Dreineer die kerkerertjies en maak dit fyn, maar dit moet net gebreek wees en nog stukkiesrig.
Pak ‘n laag aartappels in ‘n groterige oondbak en sprinkel baie liggies met sout. Volg op met ‘n laag eiervrug skywe en dan ‘n lagie olywe. Herhaal die proses en eindig met aartappelskywe.
Meng die eiers, joghurt, melk en potato bake deeglik en giet oor die inhoud van die bak. Wikkel ‘n mes langs die kante in om van die sous te laat afloop na die bodem van die bak. Sprinkel ‘n klompie olywe bo-oor en bak by 180ºC vir ongeveer 30 tot 35 minute tot dit gestol het.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete






