

POT GEROOSTERDE BEESBOUD SNIT (pot roast)
2 kg beesboud snit
2 uie, fyngekap
1 teelepel knoffel
kruie en speserye na smaak
4 medium grootte aartappels
sout en peper en twee naeltjies
Braai uie tot mooi bruin.
Voeg die vleis by en braai met speserye, kruie, sout en peper tot goed bruin.
Voeg die naeltjies by en 2 koppies water.
Ek sit stoofplaat op 3. Nie te vinnig kook.
Kyk elke half uur of daar genoeg water op is en gooi by soos nodig.
As boudjie amper gaar is voeg die aartappels by en kook tot gaar.
Daar moet genoeg sous in die pot wees om oor die rys te bedien.
Dit vat so 2 ure vir die kos om gaar te kom. Hang af hoe groot boudjie is.
*Groente was pampoen en beet.
Resep geplaas deur Ronell Muller Boshoff
Foto Ronell Muller Boshoff






