

MIKROGOLF FUDGE MET PEPPERMINT CRISP TOPPING
2 koppies suiker
1 blikkie kondensmelk
125 g botter
5 ml vanilla essence
Peppermint crisp opgekap
Meng alles saam, behalwe die vanilla.
Mikrogolf vir 2 minute, haal uit en roer.
Mikrogolf vir 5 minute, haal uit en roer.
Mikrogolf weer 5 minute, haal uit en roer (kan nog 5 minute indien nie mooi donker genoeg nie).
Voeg vanilla by en roer goed.
Gooi in ‘n ingevette plaat, (hier het ek direk fyn gekapte peppermintcrisp oor gegooi).
Laat bietjie afkoel, sny in blokkies.
Foto en resep: Elzetna De Bruin







Elna Potgieter
Ek het dit vir my dogter se “candy bar” op haar troue gemaak – absoluut heerlik! (ek het dit in rowwe driehoeke gebreek vir variasie)