

MELKSNYSELS
430 ml koekmeel
3 eiers geklits
varsgemaalde seesout
2 liter melk
60 ml botter
5 ml vanieljegeursel
1 kaneelstokkie
kaneelsuiker
10 gemmerkoekies vir voorsit
Meng meel, eiers en knippie sout in ‘n mengbak tot ‘n stywe deeg vorm. Knie vir 5-8 min.
Laat deeg rus vir 10 min op warm plek
Strooi ekstra meel op die werksoppervlak en rol die deeg sowat 2mm dik uit.
Sprinkel meel oor die deeg en rol op ‘n stewige ronde wors. Gebruik ‘n skep mes en sny die deegwors in skywe van sowat 5mm dik.
Verhit die melk en botter tot kookpunt in ‘n groot kastrol en voeg die vanielje en kaneelstokkie by.
Rol die deegskuwe af in lang pastarepie en plaas in die warm melkmengsel.
Laat alles stadig 12-15 min lank kook tot ‘n romerige mengsel.
Skep in opdienbakkies en skep kaneelsuiker oor.
Versier met gekrummelde koekie.
Foto: Benhet Nieuwenhuis






