


MAALVLEIS, SPINASIE EN FETAKAAS QUICHE
Ek het vanaand vir die eerste keer ‘n quiche gebak vir aandete.
Kors:
1 pak Bacon Kips, fyn gedruk
250 ml gerasperde koue botter
250 ml koekmeel
Meng die bestanddele saam en druk die deeg in ‘n gesmeerde quiche pan, ongeveer 30 cm.
Vulsel:
500 g maalvleis
5 ml knoffel
5 ml bruinsous poeier
1 ui gekap
250 ml room
1 blikkie sweetcorn
4 wieletjies fetakaas, in blokkies gesny
300 g spinasie
6 eiers
Braai uie tot sag, voeg maalvleis by en braai tot bruin, voeg knoffel en bruinsous poeier by en braai vir 5 min.
Roerbraai spinasie tot sag, dreineer die water. Ek het die ekstra water uit gedruk. Voeg die spinasie, fetakaas en sweetcorn by die maalvleis.
Meng die eiers en room saam voeg dit by die maalvleis mengsel.
Gooi mengsel in kors.
Daar het nog vulsel oorgebly wat ek in ‘n ekstra tertbak gegooi het.
Voorverhit die oond teen 180°C en bak vir 45 min.
Foto en resep: Elna Erasmus







geskuif