

LEON SE BOLLETJIE BROOD
Vanaand dit probeer, dis heerlik.
1 kg brood deeg
250 g spek, opgesny en gebraai
250 g sampioene, opgesny en gebraai
2 x 330 ml room
1 koppie gerasperde kaas
Maak brood deeg in bolletjies en plaas in oondpan, sprinkel die gaar gebraaide spek en sampioene bo-oor. Giet die room bo-oor die bolletjies en strooi die gerasperde kaas bo-oor. Bak in’n voorverhitte oond vir 30 min teen 180°C. Genoeg vir 18 persone.
Resep en foto: Leon Boetiekie Hartman






