

JOLENE SE TUNA TERT
500 ml melk
2 eiers
2 tbs koekmeel
1 blikkie tuna
1 ui (baie fyn gekap)
1 groot pak kaas en uie skyfies (lays)
250 ml gerasperde kaas.
Skep tuna in oond pan en versprei
Gooi uie bo-oor
Gooi fyn gedrukte skyfies bo-oor
Meng melk, eiers, koekmeel, gerasperde kaas saam en gooi dit oor die wat in pan is.
Sit in oond op 180 grade C vir so half uur tot lekker bruin.
LET WEL….VERDUBBEL ALLES VIR MEER.
Foto en resep: Jolene Smith






