

HOENDER REPIES IN BALSAMIESE ASYN MET SONGEDROOGDE TAMATIE
4 hoender filette
1-2 eetlepels heuning/stroop
6-8 songedroogde tamaties (die in die olyf olie)
100 milliliter balsamiese asyn
Sny die hoender borsies in repies en druk ongeveer 1-2 eetlepels heuning of stroop oor dit uit en meng goed deur. Die suiker in die heuning of stroop veroorsaak dat die hoender gouer bruin word sodra dit begin karameliseer wanneer dit braai en dus droog die hoender nie uit nadat dit gaar is omdat dit dan gewoonlik nog bleek van kleur is.
Sit nou die songedroogde tamaties en balsamiese asyn by en roerbraai tot die hoender gaar en die sousie taai is. Ek het balsamiese kralletjies (balsamic beads) bygegooi net voor opdiening. Bedien op veerligte fyn aartappels.
FOTO: Elsabie Templeton






