


BLITSIGE KAASKOEK
Kors
200 g (1 pakkie) Marie beskuitjies, fyngedruk
50 g margarien , gesmelt (ek het bietjie meer gebruik)
2 ml kaneel (½ teelepel)
Vulsel:
1 blik ( 397 g ) kondensmelk
1 houer ( 250 g ) geroomde maaskaas
1 pakkie ( 90 g ) vanilla kitspoeding
100 g melksjokolade ( opsioneel )
Meng die beskuitjiekrummels, botter en kaneel.
Druk met die agterkant van ‘n lepel op die bodem en teen die kante van ‘n 1 liter – tertbord vas.
Klits die kondensmelk en maaskaas tot gemeng.
Strooi kitspoeding – poeier oor en klits 1 minute lank. Giet die vulsel in die kors en verkoel in yskas tot stewig.
Berei sjokoladekrulle met ‘n groenteskillertjie en versier die kaaskoek daarmee. Lewer ‘n middelslag – tert.
Ek moet sê dit is baie lekker en baie vinnig om te maak, geniet!
Foto:Petro van Genderen
Foto 2: – blitsige kaaskoek … het die kors vervang met nuttikrust biscuits , die kaneel uit gelos en die vanielje vervang met caramel en versier met fudge wat ek opgesny het … baie lekker !






