

AARTAPPEL SOP
1 ui, gekap in klein blokkies
3 eetlepels botter
6 tot 8 geskilde aartappels en in blokkies gesny
kerriepoeier na smaak
1 pakkie chicken noodle soup poeier
600 ml kookwater
1 Lt melk
1 pakkie gesnipperde spek
500 g bevrore mielies
Braai ui tot sag, maar nie bruin nie.
Roer aartappels oor lae hitte deur tot goed gemeng met die uie.
Roer kerriepoeier deur.
Meng soppoeier met kookwater en voeg by aartappels.
Voeg melk by.
Kook op lae hitte tot aartappels sag is.
Vat dan ‘n masher en mash die helfte van die aartappels in die pot.
Voeg spek en mielies by en roer deur.
Kook so 5 min tot als deurwarm en gaar is.
Foto en Resep: Elizabeth Frylinck






