
WAT IS SOETMOS
Rina soet mos is soos jy weet die sap van druiwe nadat die pitte en doppe afgepers is
Jy kan jou eie soetmos maak deur druiwe te neem en dit te trap of te druk sodat alle sap los is van die doppe en die pitte laat staan dit dan vir n dag of twee Die doppe sal dan bo op die sap n dik doplaag vorm
As jy dan die sap aftrek van die doppe en dit deur ‘n moeselien doek gooi en laat afkoel en laat staan vir ‘n dag of twee in die koelkas het jy die heerlikste soetmos Die suiker en die doppe het ‘n natuurlik gis wat die sap dan nogals ‘n bietjie skop en ‘n effense byt gee
Om die natuurlike of wilde gisting te stop moet die sap vinnig afgekoel word en die kelder waar die wyn gemaak word voeg dan sekere ensieme en ander stowwe by om te keer dat dit te veel gis
Baie inetressant van soetmos is dat gedurende parstyd maak die ouens wat die druiwe afknip ‘n lekker sterk plastiek sak vol druiwe en trap dit dan daar in die wingerd stukkend binne in die sak en bind dit dan styf toe en begrawe dit dan in die wingerd en ‘n dag of twee later gooi hulle die sap af en steek dan ‘n lekker dop daar in die wingerd en teen die tyd dat die opsigter agterkom is hulle lekker hoenerkop of getarra en niemand knip druiwe nie almal staan en giggel en lag net ons weet mos né
Nou kry ek sommer lus vir soetmos
Ek hoop dit help
Oja en jy kan mos maak van enige druiwe sommige druifsoorte het net meer sap en ook verskillende geure
Geskryf deur Gideon Louw






