TUNA EN SPAGETTI TERT
2 blikkie “chunks” tuna in water, gooi water af
1 redelike groot ui, fyn gekap
250 – 300 ml gaar spaghetti, fyner gesny ( kan ook rys gebruik)
125 ml melk
185 ml mayonnaise
65 ml seekos slaaisous
3 eiers
2 – 3 songedroogte tamaties fyn gekap
1 eetlepel koekmeel
knippie rooi peper
knippie vis speserye
sout en swart peper na smaak
250 ml gerasperde kaas
2 – 3 takkies vars gekapte pietersielie
Voorverhit die oond tot 180°C
Braai die uie tot deurskynend, meng die spaghetti en tuna daarby.
Gooi die meel oor en meng goed.
Meng die res van die bestanddele buiten die kaas en die pietersielie by die tuna mengsel.
Gooi mengsel in die voorbereide pan of tert bak
Sprinkel kaas en pietersielie oor en bak vir ongeveer 20 – 30 min, tot gestol en goud bruin.
Heerlike saam met ‘n slaai as ligte ete maar net so lekker koud bedien op ‘n platter
Resep aanpassings en foto’s Rina Kleinhans
geskuif
Marionette Pretorius
Baie lekke dit vandag gemaak, maklik en vinnig