

SJOKOLADEKAASKOEK
Kors:
60 ml gesmelte botter
350 ml fyngemaakte Tennisbeskuitjies
Meng botter en tennisbeskuitjies goed saam.
Voer losboompan van 21 cm daarmee uit.
Vulsel:
350 ml melk
250 g maaskaas
100 ml room
1 pakkie sjokoladekitspoeding.
Klits die melk en die sjokoladepoeding saam totdat dit begin styf word. Roer die maaskaas in die poedingmengsel. Klits die room tot styf en vou by poedingmengsel in. Skep in kors en laat goed afkoel voordat die rand van die losboompan verwyder word.
Versier die koek met sjokoladekrulle.
Resep geplaas deur Dawn Mollison






