

RONELL SE HOENDERPASTEI
My seun se gunsteling.
2 gekoopte rolle today deeg
2 geklitste eiers
3 kg dye en fillets
1 groot ui, opgekap
1 klein bakkie mushrooms, in skyfies gesny
2 hoender pot stocks
sout en peper
speserye
3 naeltjies
1 pakkie cream of mushroom sop
Braai die opgekerfde ui tot mooi bruin en voeg mushrooms by. Hou eenkant.
Kook die hoender met speserye, sout en peper en naeltjies tot baie sag en gaar.
Laat koel die hoender af en ontbeen dan. Haal velle ook af. Maak fyn, skep terug in die pot en voeg die pot stock en aangemaakte pakkie sop by. (Maak sop met bietjie water aan)
Voeg die gebraaide mushrooms en uie by. Meng alles deur en prut vir 5 minute tot lekker dik en nie te droog.
Rol die deeg so groot soos jou bak uit.
Plaas deeg in bak, sny kante wat oorhang af.
Sodra hoender afgekoel is, skep in die deeg. Sit die volgende uitgerolde deeg bo oor en maak mooi toe en druk vas met ‘n vurk.
Smeer die geklitste eiers oor die deeg.
Bak by 180°C tot mooi bruin.
Met 3 kg hoender maak dit ‘n oondpan lekker vol.
Bedien met groente en ‘n uie sousie.
Foto en resep deur Ronell Muller Boshoff






