


PIZZA BUN
5 bestanddele pizza bun 🍕
ronde buns 🍞
tamatie en uie smoor 🍅
sampioene (gebraai) 🍄
ham 🐖
kaas 🧀
Sny die bokant van die bun af en druk die binnekant heeltemaal plat dat dit ‘n holte maak. (Beter as om net die binne kant weg te gooi)
Plaas bietjie tamatie smoor aan die onderkant. Bo-op dit die gebraaide sampioene, en dan die ham wat in klein blokkies gesny is. Top dit met lekker baie kaas en sit die bun se “deksel” terug op. Bak in die oond tot kaas gesmelt is, myne was op laagste hitte vir so 15 min.
Resep en foto: Anushke du Plessis






