

FRIKKADELLE GEBAK IN OOND
1 kg maalvleis
250 ml karringmelk
pakkie bruin uie soppoeier
1 groot aartappel, gerasper
1 ½ k rou basmatie rys – kook soos op verpakking
Meng al die bestanddele goed saam. Hou van die gaar rys om mee te bedien, sit res in die vleis mengsel.
Rol in balle en sit in oondpan met genoeg water om bodem te bedek.
Bak by 180˚C vir so 40 min of tot gaar.
Indien nodig kan nog bietjie water bygevoeg word wanneer pan droog raak.
Bedien op rys.
Resep geplaas deur Frances Smith
Foto: Frances Smith






