

DUBBELE-AARTAPPEL-HOENDERKOEKIES
3 gekookte hoenderborsies, fyn opgesny
4 fyngemaakte saggekookte aartappels
125 g fyngemaakte Kaas en Uie Aartappelskyfies (of geur van jou keuse)
1 klein fyngekapte ui
3 eiers
sout en peper na smaak
Meng die hoender, aartappels, ui, helfte van die fyn aartappelskyfies en 1 eier, geur na smaak met sout en peper en maak plat ronde koekies. Onthou dat die aartappelskyfies reeds sout is. Doop in die oorblywende geklitste eiers en dan in die oorblywende fyn aartappelskyfies. Plaas die koekies vir ten minste 30 minute in die yskas. Braai in vlak olie oor medium hitte tot goud bruin.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete






