


BROSBROOD KOEKIES MET MARASCHINO KERSIES
1 koppie botter (ongesout), teen kamer temperatuur
½ koppie versiersuiker
½ eetlepel vanilla
2 koppies koekmeel
½ teelepel sout
⅔ koppie choc-chips
¾ koppie maraschino kersies, opgekap
Sit die kersies vooraf op ‘n handdoekrol om die vloeistof te verwyder. (ek het sommer die potjie omgekeer in ‘n klein siffie oor ‘n koppie, sodat die sous kan uitloop)
Meng meel en sout en hou eenkant.
Verroom die sagte botter met die versiersuiker en voeg vanilla by.
Gooi die meelmengsel by en meng.
Voeg choc-chips en kersies by en meng goed deur.
Vorm deeg in ‘n langerige wurm en so omtrent 5 cm dik. Druk deeg goed bymekaar, anders krummel die beslag wanneer jy die rol sny. Rol toe in plastiek en sit in yskas vir 1 – 2 uur.
Voorverhit oond 160°C en voer koekiepan uit met bakpapier.
Sny rol in 0.5-1 cm dik koekies. (hang af hoe dik jy jou koekies wil hê) As dit krummel, vorm weer met die hand.
Pak in die pan met so 2 cm spasies tussenin. Bak vir 10 – 15 minute tot dit liggies verbruin aan die bokant.
Laat minute afkoel in die pan en pak dan op rakkie om heeltemal af te koel.
Foto: Stien Rust
Resep geplaas deur Stien Rust
Tweede foto en nota deur Adele Berndt
I used glace cherries and replaced the icing sugar with castor sugar.






