

ALTA SE VARSVIS VISKOEKIES
Foto en resep: Alta Gunter Van Dyk
FOOD LOVERS RECIPES
Kan gebruik: silvervis of stokvis.
Maak vis gaar, ons het somer ‘n klompie gebraai.
Vlok vis en verwyder al die graaitjies.
Ek het gebruik:
400 g gevlokte vis
handvol pietersielie, fyn gekap
1 medium ui, fyn gekap
2 medium aartappels, opgekook en fyn gemaak
2 eiers, geklits
1 extra eier, in aparte bakkie geklits
1 koppie fyn krummels
Aromat na smaak
varsgemaalde swart peper
Meng alles goed deur.
Ek het viskoekies van 50 g gemaak.
Rol in eier dan in krummels.
Bak in vlak olie, so helfte van koekie moet toe wees.
Bak mooi bruin aan albei kante.
Ek vat brood en pak in skinkbord en pak klaar gebakte viskoekie op brood vir olie dreineer.
Ons pak ons gebakte vis ook so op die bord, dreineer goed.






