

AARTAPPELSLAAI MET KAAS EN UIE POTATO BAKE
5 groot gekookte aartappels
5 gekookte eiers
1 groot uie gekap
2 koppies mayonnaise
1 pakkie kaas en uie potato bake
Sny aartappels en 4 eiers in blokkies.
Gooi gekapte uie by.
Meng mayonnaise en potato bake saam. Indien mayonaise mengsel te dik is gooi ‘n bietjie melk by om te verdun.
Gooi mayonnaise mengsel oor aartappel en meng deur.
Om te garneer druk eier fyn, gesnyde swart olywe (so gekoop), 1 kersietamatie in ‘n blommetjie gesny en gesnyde argurkie in ‘n waaier gesny.
Laat staan die slaai vir ongeveer 2 ure voor opdiening, sodat patato bake goed kan meng met mayonnaise
Resep en foto: Elna Erasmus







geskuif